Betekenis van Embleem
Gemeentegeskiedenis
Afstigting
Op 11 Oktober 1974 stig La Rochelle gemeente af van Kruispad-Brackenfell gemeente. Vanuit die 388 lidmate wat betrokke was, word 17 ouderlinge en 19 diakens gekies om as kerkraad te dien. Hulle is op Sondag 13 Oktober 1974 bevestig in hulle ampte.
Eerste Leraar
Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op 28 Oktober 1974 en 'n leraar word vir die gemeente beroep. Tien beroepe en 'n jaar later antwoord ds Coligny Nel van Parys positief op 11 Oktober 1975. Hy word bevestig deur ons konsulent ds BP de Wet met redevoering deur ds PGR de Villiers. Ds Nel lewer sy intreepreek op 18 januarie 1976 in die skoolsaal Bellville-Noord waar daar toe al vir meer as 'n jaar elke Sondag eredienste bygewoon is.
Kerkkompleks
Op Saterdag 20 Mei 1978 spit ds JJC Visser die eerste sooi en ongeveer 'n jaar daarna l� ons orreliste se pa, ds Tappies M�ller die hoeksteen. Toe die kerkkompleks op 5 Oktober 1979 gereed was vir ingebruikneming, was ongeveer die helfte van die koste reeds betaal.
Tweede Leraar
Die kerkraad besluit op 30 April 1979 om proponent Pierre Goosen as tweede leraar te beroep. Hy neem die beroep aan en word op Vrydag 1 Februarie 1980 in die gemeente georden en bevestig. Ds Goosen verlaat ons gemeente op 28 Februarie 1983 om hospitaalleraar te word by Tygerberg Hospitaal.
Ander leraars wat oor die jare by ons gemeente was:
Ds Christie Koch ( 7 Maart 1982 tot 10 Junie 1984)
Ds Willie Oliver ( 17 Oktober 1982 tot 22 November 1992)
Ds Andr� Fourie ( Januarie 1984 tot
Ds Gideon Basson (Jan 1989 tot Oktober 1989)
Jeugbediening
Vanaf 1987 bedien voltydse jeugwerkers die jeug van ons gemeente. Prop Fred Louw (huidige jeugwerker) se voorgangers was:
Lydia Dempers
Marianne Maritz
Pieter Pieterse
Rudi Janse van Vuuren
Makrogemeente
Sedert 1989 besef die kerkraad dat La Rochelle die status van 'n makro-gemeente verdien en rig die bedieningstrukture dienooreenkomstig in. Vier leraarstreke begin om meer selfstandig te funksioneer en elke streek het elke tweede maand 'n streekkerkraadsvergadering. Die uitvoerende kerkraad bestaan tans uit tien afgevaardigdes uit elke streek.